Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Koedoes, Kgalagadi!
AGTER DIE SKERMS • Toast Coetzer gesels met Jean Cooper oor die epiese Afrika-motorfietstog wat hy en sy boesemvriend De Witt Oosthuizen in 2023 aangepak het. Lees die laaste aflewering in hierdie Reisjoernaal-reeks op bl. 116.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
KYK HIER!
KORTLIKS
Ballade vir ’n enkelbed • ’n Huweliksnag en wittebroodsreis is veronderstel om romanties te wees. Maar Liesl de Beer en haar man s’n het sleg begin – eers met enkelbeddens, en later met ’n verroeste spyker in die stort...
BOEKE EN MUSIEK
PADMUSIEK
Denis Costello • Hierdie skrywer en avonturier het al na meer as 130 lande gereis, maar hy is die liefste vir Afrika se wilde plekke. In Walking Safaris of Africa: Guided walks from the Cape to Kenya vertel hy hoekom.
In die hart van die groen woestyn • Die Kalahari is een van die grootste woestyne in die wêreld: ’n ononderbroke see van sand wat oor landsgrense strek. Wanneer dit soos vanjaar goed gereën het, klop sy hart – die Kgalagadi-oorgrenspark – met lewenslus. Pierre Steyn het vir agt dae deur dié grasgroen woestyn gereis.
Wildernis toe op ’n Vrydagmiddag • Wil jy ’n naweek diep in die veld deurbring, maar steeds na aan Gauteng? Die Waterberg bied iets vir almal – of jy nou wil voëlkyk, fietsry of sommer net in ’n vuurtjie se vlamme wil sit en staar terwyl die sterre jou geselskap hou. Hier’s jou gids!
Berge vol asem • Op die Sneeuberg-slenterstap verdwyn jy vir drie dae in ’n afgeleë hoek van die Oos-Kaap tussen die dorpe Nieu-Bethesda en Middelburg. En elke aand, ná ’n stewige Karoo-ete, slaap jy in ’n luukse plaashuis in die middel van nêrens met die berge wat alom waak.
MENSE SE LENSE • Hier’s jou kans! Stuur jou beste wildlewe-, landskap- of reisfoto’s na Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg.co.za en jóú foto verskyn dalk op hierdie blaaie.
Onder die oppervlak
Is dit al teetyd? • Bederf stroopsoet kinders dié skoolvakansie met ’n teetydlekkerte of twee.
Vuurwaens vir die veld • Suider-Afrika is ’n grondpad- en veldryer se droom, en vir ’n miljoen rand of meer is daar nou ’n rits nuwe 4x4’s wat die fantasieë van afgeleë bestemmings ’n werklikheid kan maak.
STAP SAAM • SLEEPING BEAUTY-GROT, SUIDELIKE DRAKENSBERG
BLY HIER • KLIPHEUWEL FARM, DE DOORNS
Son, see & Strandfontein • Die meeste kusdorpe aan die Weskus is plat, behalwe Strandfontein waar duine en hoë wit kranse alkant uittroon. Die dorp self lê teen ’n effense helling en ’n see-uitsig is dus ’n gegewe.
MET MY EIE OË • Die Kgalagadi-oorgrenspark is enige wildlewefotograaf se droom. Phil Grobler van Pretoria was daar om berghane af te neem, maar toe daag jakkals se kind op...
Mooi trap! • Daar is meer as 150 skerpioensoorte in Suider-Afrika. Dié sku nagdiertjies wil jou nie kwaad doen nie. Maar as jy dit te na aan een waag, trek hy dalk net sy stert in ’n krul – pasop!
VIR DIE VOËLS • DIE BOSLOERIE LOER VIR JOU
Die pylvak – deur die Sahara! • Dit sit nie in enige ou se broek om op ’n motorfiets van Suid-Afrika tot in Spanje te ry nie. In 2023 het Jean Cooper en De Witt Oosthuizen dié tog...